
=====================================================================
Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Oor taalruimte en vennootskappe

DIE Stigting vir Afrikaans bestryk in sy   verkose opdrag 'n enorme ruimte. "Om Afrikaans vir alle mense en op alle vlakke te bevorder." 
Sedert die vestiging daarvan in 1992 is hierdie ruimte noulettend gekarteer. Afrikaans word oor die lengte en breedte van die uitgestrekte 
land Suid-Afrika gebruik: as moedertaal van meer as 'n miljoen ongeletterdes; as tweede en derde taal van miljoene sprekers van inheemse 
Afrikatale; as administrasietaal, as werktaal, as aanbiddingstaal, as literatuurtaal waarin werke wat internasionale aansien geniet tot 
stand gekom het; as wetenskapstaal wat tred gehou het met die mees gesofistikeerde ontwikkelinge van die twintigste eeu.

Die Stigting het van die begin af besluit om nie beperkte hulpbronne aan uitgebreide administratiewe fasiliteite te bestee nie, maar 'n 
klein kernpersoneel van kundiges te vestig om as motor vir sy diverse ondernemings te dien. Om die groot ruimte wat ons belangegebied is, 
effektief te kan bewerk, is sorgvuldig vennootskappe uitgebou.

In die eerste plek het ons vennote hier te lande gesoek. Maar die ruimte van Afrikaans reik oor die kontinent van Afrika heen na Europa, 
waar Afrikaans vir Nederlandssprekendes nog verstaanbaar is, en Nederlands vir die Afrikaanssprekende toeganklik. Die besef groei bowendien 
tans onder ons Europese taalgenote dat die lewenskragtigheid van Nederlands extra muros met die welsyn van Afrikaans verbonde is. Daar is 
al ges Nederlands is die Europese dimensie van Afrikaans, Afrikaans is die Afrika-dimensie van Nederlands.

Vandaar dat ons ook vennootskappe soek binne hierdie groter taalgeheel. Ten bate van al die mense wat Afrikaans gebruik, mag nie een van 
die funksies van die taal verwaarloos word nie. Om volgehoue prestasie te verseker vir Afrikaansgebruikers deur middel van die uitnemende 
instrument wat Afrikaans deur hierdie eeu heen geword het, moet die geheel van die taalruimte, wat tegelyk geestelike ruimte is, in stand 
gehou word. Daarvoor vra ons medewerking.

Prof. Elize Botha,   voorsitter van die trustees van die Stigting vir Afrikaans, het di rede gelewer by die Algemene Jaarvergadering van 
die Stigting op 1 September 1998.

Terug na bo     Hoofartikel

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av545.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

